Plaston Oudisies

Plaston Oudisies

Die ouderdomme wat per rol aangedui word, is slegs ’n riglyn. Ons moedig enige iemand wat voel dat hulle een van die rolle tot volle reg kan bring, aan om op te daag. Die oudisiessal op 17 Mei 2026 vanaf 12:00 tot 14:00 op die Playhouse-teater se verhoog plaasvind.

If the Contact us button does not automatically open a new email, please contact us regarding this audition by using the email address: thetwotallladies@gmail.com.

About the audition

Plaston: DNS-Kind Rolverdeling

Die ouderdomme wat per rol aangedui word, is slegs ’n riglyn. Ons moedig enige iemand wat voel dat hulle een van die rolle tot volle reg kan bring, aan om op te daag. Die oudisiessal op 17 Mei 2026 vanaf 12:00 tot 14:00 op die Playhouse-teater se verhoog plaasvind.

Ons vra dat u enige kort Afrikaanse monoloog voorberei. Ons sal ook tydens die oudisies vir jou ’n stuk uit Plaston: DNS-Kind verskaf om onvoorbereid voor te lees.

‍

Plaston

 Ouderdom: 19

 Rol: Die DNS-kind

 Beskrywing: Gekloonde, geprogrammeerde jong man. In ’n laboratorium gekweek en grootgemaak deur die Professor. Hy het akademiese en wetenskaplike kennis oor

die mens, maar weet nie wat dit is om ’n mens te wees nie. Op Aardendal word hygekonfronteer met sy “menswees” en die valsheid van regte mense. Hy raak “verlief”

op Kotie en proe iets van vryheid en eie wil – nie iets wat die Professor wou hê moes gebeur nie.

‍

Professor

 Ouderdom: 70

 Rol: Biochemikus

 Beskrywing: Die Professor is ’n outoritêre persoon. Sy woord is wet en hy is in beheer van die eksperiment wat gekloonde, geprogrammeerde “mense” maak. Hy

wil die eksperiment ten alle koste laat werk. Groot, bombastiese persoonlikheid metgeen gewete nie.

‍

Dr. Ganske

 Ouderdom: 45

 Rol: Sosioloog

 Beskrywing: Hy is ook ’n akademikus wat die sosiologiese aspekte van die eksperiment moet waarneem. Hy is bekommerd oor die etiese kwessie van “god

speel” en irriteer die professor met sy opmerkings oor “gewete”.

‍

Jan Smal

 Ouderdom: 66

 Rol: Rekenaartegnikus

 Beskrywing: Die slim IT-spesialis wat die hele eksperiment geprogrammeer het en wat die stelsels gebou het wat die Professor toelaat om Plaston mee waar te neem.

Praat in rekenaartaal. Hy het help grootmaak aan Plaston en het ’n sagte plekkie in sy hart vir hom. Hy voel dis sy seun en hy sal hom help, tot ontsteltenis van die

professor.

‍

Oom Kapp

 Ouderdom: 75

 Rol: Winkelier

 Beskrywing: Die eienaar van die winkel waarvan die solder gebruik word om Plaston mee waar te neem. Hy wonder oor die wettigheid van wat Professor en sy span doen

en is bekommerd dat hulle hom en sy vrou in hul slaapkamer gaan afluister.

‍

Joon

 Ouderdom: 40

 Rol: Oom Kap se seun

 Beskrywing: Joon is die “simpleton” van die dorp en sien nie deur die leuens nie. Hy doen maar net wat mense vir hom sê om te doen. Die dorp is afhanklik van ’n

waterpomp en hy pomp water vir die mense.

‍
Julius Pos

 Ouderdom: 36

 Rol: Posmeester

 Beskrywing: Hy ondervra Plaston oor waar hy vandaan kom. Hy maak tussen-in opmerkings oor alles wat by die pomp afspeel met Plaston se aankoms. Hy fasiliteer

die kommunikasie op die dorp met oproepe en telegramme. Hy het ook ’n verhouding met Saar.

‍

Lubbe

 Ouderdom: 45

 Rol: Stasiemeester

 Beskrywing: Kotie se pa en Let se man. Wanneer hy hoor wat Plaston alles oor Kotie gesê het slaan hy hom. Hy is ook skynheilig, want hy het al by Saar geslaap. Hy

begin ook dink dat Plaston “mal” kan wees.

‍

Let

 Ouderdom: 45

 Rol: Lubbe se vrou

 Beskrywing: ’n Kras vrou, ma van Kotie, en altyd aan die skree op haar en op almal. Is baie ontsteld wanneer Plaston verklaar dat hy vir Kotie baie mooi vind en met haar

wil “paar”. Hits die dorp aan om van Plaston ontslae te raak.

‍

Kotie

 Ouderdom: 17

 Rol: Lubbe en Let se dogter

 Beskrywing: Jonk en mooi en nie op haar bek geval nie. Sy dink eers Plaston is besig met nonsens praatjies, maar dan sien sy sy onskuld raak en raak verlief op

hom. Haar ouers wil haar beskerm en beheer, maar sy sit haar tee. Sy wil by Plaston wees.

‍

Eerwaarde Genopen

 Ouderdom: 56

 Rol: Sendeling/dominee 

 Beskrywing: Die dominee van die dorp. Hy is besorg oor Plaston wat nie aan ’n kerk behoort nie en dus nie ’n gelowige kan wees nie. Hy is natuurlik baie vroom en ook

baie ontsteld wanneer Plaston “dierlike” opmerkings oor Kotie maak. Hy is ookbewus, deur kerkvergaderings, van ’n wetenskapprojek waar mense gekloon word

en hy begin vermoed dat Plaston een van hulle is. Hy word deur die Professor gebruik om ontslae te raak van Plaston.

‍

Saar

 Ouderdom: 28

 Rol: Eerwaarde Genopen se dogter

 Beskrywing: Saar is die rebelse dogter van die Eerwaarde. Sy word beskou as iemand met “los” waardes, maar sy sien nie wat verkeerd is met seks en seksualiteit

nie. Sy vind eerder fout met mense se skynheiligheid daaroor. Sy is vriendeliker met Plaston as die res van die dorp se mense en probeer vir hom opkom. Later, wanneer

dit aand word, probeer sy vir Plaston verlei.

‍

If the Contact us button does not automatically open a new email, please contact us regarding this audition by using the email address: thetwotallladies@gmail.com.